
ek wag in my hart
my hart (ek het nooit gedink dat ek
oor hart sou uitwei nie, die klotsel bloed
in pypies en kraakbeen
is 'n toring
sodat ek jou van ver kan sien kom
oor die windkaal heuwels
met skraal bome verskroeide winkende vingers
oor die suisende wit vlakte
met my hand bo die oe (verspied verspied)
die feestafel staan gedek, die musikante wag sluimerend
in hulle manelle soos dromende pikkewyne
met die aandster skreeu die krieke in die vlei
ek luister asemloos vir jou voeteval
(waar dool jy tussen skaterende wolwe?)
ek hang 'n lantern in die venster
en stuur my ore uit in helikopters
(het jy genoeg padkos saamgebring vir die lang tog?)
ek klim die trappe van my hart gereeld op
voedsel en drank sal my lippe nie aanraak sonder jou nie
en hoor jou in die maanlose klowe ruis
kom jy dan nooit nader nie?
soos 'n skildwag leun ek oor die borswering van my hart
en kneus dit met rondtrappery van my moedelose voete
3 opmerkingen:
Het zal je maar, zo'n klotsel bloed.
Anderzijds, wat een taal !
(perizza)
O ! Je hebt een prent gevoegd bij die klotsel bloed. Aardige compilatie, die prent (vind ik)
(glycely)
(glycerine)
(glys-er-in)
Ja hè. Wat aanschouwelijkheid leek me gepast. Een mens heeft er echter niet altijd de tijd voor.
Een reactie posten