Posts tonen met het label enzovoort. Alle posts tonen
Posts tonen met het label enzovoort. Alle posts tonen

zaterdag 15 november 2014

onder in my whiskeyglas...

1.
ons is alleen in die sauna
jy dink ek is straight omdat ek getroud is
ek wéét jy is 'n taai straight suburban koekie
ek maak my bo-stuk los en draai op my maag
ineens peul jy uit jou eenstuk
jou onge_tan_de gedeeltes highlights in die stoom
bobbel jou borste in 'n satynglans van sweet
my hele vagina ruk boontoe
ek lê sprakeloos toegeswel
argeloos tuimel jou cellulitelose bene oop
en ek voel of ek wil uitpass
soos my tong reeds
grondboontjiebotter op 'n heuningsny rondsmeer

2
jou tiete twee massiewe sampioene
hulle jol juggle juggle juggle
jy kyk gulsig na my lebberige maag
waarin binnegoed computergames skiet
ek slaan my vingers soos klou in jou dye
god! al taal wat hier geld is "ferm vlees"
en soos ek jou lyf oor die mat rol
en jou tong in duisende tonge rasperig my brandsteek
wens ek ek het, nee jy het, nee ek
wens ek iemand hier, het piel!


Antjie Krog



hoofdstuk 14, § 11, p. 15
geweld - taal - rook - taalloos